Wie Ons Is
Ons is ’n gemeente waar verhoudings sentraal staan —
waar liefde, genade en waarheid die kern van ons getuienis uitmaak (Matt. 22:37–39; Joh. 13:34).
Ons glo dat elke gelowige ’n lid is van die lewende liggaam van Christus en dat organisasie altyd in diens staan van die organisme.
Ons leef om die Here te dien, mekaar se laste te dra (Hand. 2:43–47), en in mense se lewens te belê.
Ons fokus op dissipelskap — elke gelowige loop saam met ander ’n pad van groei (Matt. 28:19–20).
